‘n Amptenaar van Bloemfontein wat die Vrystaatse regering na bewering met meer as 13-miljoen rand probeer bedrieg het, is gister op borgtog vrygelaat.

Die 33-jarige Ditaba Johannes Mokhutle, wat in die departement van openbare werke se finansiële afdeling werk, word van bedrog en diefstal aangekla, en is in die
landdroshof in die stad borgtog van R3 000 toegestaan.

Volksblad berig voorts Mokhutle en Boitumelo Poonyane, ook ‘n werknemer in dieselfde afdeling, het na bewering in Desember 2019 meer as 13-miljoen rand van die departement na Waltons Trading Enterprise probeer oorplaas, sonder dat enige dienste volgens die staat deur dié beslote korporasie gelewer is.

Die transaksie is vroegtydig opgemerk en gekanselleer.

Poonyane is in Augustus verlede jaar aangekeer en het al in die hof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×