‘n ANC-vragmotor met ‘n paar pap bande en oop vensters, wat tydens die 2024-verkiesing gebruik is om stemme te werf, glo al al etlike maande verlate in die parkeerterrein van die Bains-wildplaas-en-gastehuis in Bloemfontein.
Volgens Netwerk24 weet niemand egter wie die vragmotor, met ‘n Vrystaat-registrasienommer, daar agtergelaat het nie. Volgens een van die gastehuiswerknemers kan dit enige van die menigte mense wat daar woon wees wat dit daar parkeer het.
Voormalige LUR van ekonomiese ontwikkeling in die Vrystaat, Thabo Meeko, sê aan Netwerk24 hulle is “besig om bande te koop en dit na hul kantoor te bring”.