‘n Whatsapp-groep is deel van die inligting wat die DA bekom het oor die strukture wat die ANC gebruik het vir kader-ontplooiing.

News 24 wat toegang tot die boodskappe gekry het, berig hoe die ontplooiingskomitee se lede ligsinnige boodskappe soos die van ‘n woonbuurt-groep vir mekaar gestuur het. In dié whatsapp-boodskappe, wat tussen 2019 en 2020 gestuur is, is besluite geneem hoe kaders in sommige belangrike poste ontplooi moet word.

Van die aanstellings waaroor besluit moes word, sluit in Prasa, die ouditeur-generaal en die nasionale lotery. Die boodskappe toon ook die informele proses wat gepaard gegaan het met belangrike aanstellings. Die boodskappe wys duidelik dat talle aanstellings uit lojaliteit teenoor sekere ANC-lede gedoen is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×