Die vroue atleet wat vyf jaar gelede deur Steven Swarts seksueel aangerand is, sê sy was geskok om te ontdek dat hy, ondanks sy skuldigbevinding, steeds die president van Atletiek Vrystaat (AFS) is.

News24 berig dié destydse adjunkpresident van AFS is in 2020 skuldig bevind aan die verkragting van die 23-jarige Marcia van Niekerk nadat hy skuld beken het.

’n Storm het oor sy verlede in atletiekkringe losgebars nadat sewe klubatlete, wat ’n mosie van wantroue teen hom by Atletiek SA (ASA) wou indien, geskors is.

ASA het pas ‘n ondersoek na die saak gelas. Swarts is ‘n prominente figuur in atletiek asook die stiefpa en huidige afrigter van die Olimpiese Goue Medaljewenner en 400m Wêreldrekordhouer Wayde van Niekerk is.

Swarts se vrou sit ook op die AFS-raad as baan- en veldvoorsitter.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×