Nóg ‘n pasiënt van die Livingstone-hospitaal in Nelson Mandelabaai het na sy dood gespring. Dit is die jongste van minstens vier soorgelyke gevalle die afgelope jare by hierdie hospitaal. Die selfdood-slagoffer, wat van die tweede verdieping gespring het, is voorheen vir psigiatriese sorg opgeneem.

Daar word wyd berig oor probleme by die Livingstone-hospitaal. Dit sluit tekorte aan personeel, medikasie en toerusting in. Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê aan Daily Maverick die man se dood staan los van enige uitdagings wat die hospitaal tans in die gesig mag staar. Ntandokazi Capa, LUR vir gesondheid sal binnekort ‘n waarnemingsbesoek by die hospitaal aflê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×