Volgens amptenare van die Verenigde Nasies is ‘n 10 maande oue baba gedeetelik verlam nadat sy polio in Gasa opgedoen het. Dit kom ‘n maand nadat Rosestad Nuus berig het dat toetse, die virus in twee verskillende afvalwatermonsters gevind het.

Gasa, wat nou in sy 11de maand van oorlog is, het vir 25 jaar nie ‘n poliogeval geregistreer nie. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, sê hy is ernstig bekommerd en het bevestig dat pogings aan die gang is om ‘n inentingsprogram in die komende weke van stapel te stuur. Daar is ook vroeër berig dat daar min hoop is dat Gasa ‘n uitbreking van die hoogs aansteeklike siekte sal kan hanteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×