‘n Werknemer van ‘n bank in Louisville in die Amerikaanse deelstaat, Kentucky het die grusame aanval waartydens hy vyf van sy kollegas doodgeskiet het, op sosiale media gebeeldsend.
Die oorledenes was tussen 40 en 64 jaar oud en nog nege mense is in die voorval gewond.
Die aanvaller, die 23-jarige Connor Sturgeon, is op die toneel doodgeskiet.
Dit is egter nog onduidelik of hy deur ‘n polisiebeampte geskiet is, en of hy sy eie lewe geneem het.
Sturgeon het van 2018 tot 2020 deeltyds by die bank gewerk, en is verlede jaar permanent aangestel.
CNN berig dit het volgens betroubare bronne bekend geword dat Sturgeon glo meegedeel is dat die bank van voorneme was om hom in die pad te steek.