‘n Barmhartige Samaritaan word vermoor toe sy hulp wou verleen

‘n Geliefde inwoner van Dewetsdorp, die 64-jarige Iris Potgieter, is gistermiddag vermoor, nadat sy vriende gehelp het om ‘n televisiestel in die township te gaan aflewer.

Volgens haar dogter, Anzelle Cole van Bloemfontein, is haar ma waarskynlik, in ‘n poging om haar motor te steel, met die terugry huis toe, oorval.

Haar liggaam is later in ‘n veld naby die township gevind.

Potgieter se buurvrou, wat haar vroeër tuis verwag het, het onraad vermoed, en die polisie gekontak.

Die polisie soek na ‘n rooi Volkswagen Citi Golf, registrasienommer CNF 842 MP.

Die speurtak van Dewetsdorp kan gekontak word by 082 467 6362.

Luister na potgooie hieronder