‘n Bejaarde boer van die Fochville-omgewing is in hegtenis geneem weens bewerings dat hy onwettig elektrisiteit ter waarde van R6 miljoen gesteel en verkoop het aan gemeenskappe wat op sy plaas woon.
Brigadier Athlenda Mathe het bevestig dat die Natjoints-span, wat deur die polisie bestuur word, saam met Eskom en Johannesburg City Power na die plaas ontplooi is.
Nuusflits berig dat transformators, elektrisiteitsmeterbokse en elektriese kabels gekonfiskeer is.
Die verdagte het Woensdag 4 Desember in die hof verskyn op aanklagte van die manipulasie van noodsaaklike infrastruktuur ter waarde van R90 000, elektrisiteitsdiefstal van R6 miljoen en diefstal van meterkaste ter waarde van byna R480 000.
Die hof het die saak tot 11 Desember uitgestel vir ʼn formele borgaansoek.