‘n Bejaarde vrou en twee sekuriteitswagte is in twee voorvalle in minder as‘n dag uitmekaar aangeval op twee afsonderlike plase in Harrismith in die Vrystaat. Maandag is die twee wagte deur vier gewapende mans oorrompel waar gereedskap gebuit is, Volgens Maroela media is die wagte ongedeerd.  Dinsdag is ‘n bejaarde vrou omstreeks 16:15 deur ‘n onbekende man oorval en beroof.  Die aanvaler het kontant en vuurwapens geeis.  Die polisie vra dat enige iemand met inligting oor die betrokke aanvalle na vore sal kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×