Die bekende liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se dood word nou aan ’n bloeiende maagseer toegeskryf en nie meer aan hartversaking, soos aanvanklik gedink is nie.

Netwerk24 berig dat Oberholzer op 1 Februarie in die ouderdom van 42 oorlede is.

Bekendes en naasbestaandes het Donderdag gedurende ’n gedenkdiens in Pretoria afskeid van hom geneem.

Sy ousus, Jade van Zyl, het staaltjies gedeel oor hoe hulle grootgeword het.

Een van hul gunsteling-komediereekse was Friends, waarin hulle hul verhouding in die rolle van die sibbe, Ross en Monica gesien het.

Om dié rede was die tema van die gedenkdiens dieselfde as die reeks se slotepisode, getiteld “The One Where We Say Goodbye”.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×