Die polisie in Gauteng ondersoek ‘n klag van verkragting teen ‘n prominente oud-ANC lid. Die polisie se nasionale woordvoerder, brig Athlenda Mathe, het die klag gister aan Netwerk 24 bevestig. Die verkragtingslagoffer het Maandagmiddag na vore gekom en ‘n klag van verkragting by die Mondeor-polisiekantoor ingedien. Die polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie, het Mathe gesê. ‘n Ander oud-lid van die ANC het die persoon se identiteit en klagte bevestig. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×