In ‘n reeks video’s wat op sosiale media sirkuleer, kan gesien word hoe drie mans gewapen met pangas en ‘n vuurwapen, dreig om onderwysers op die skoolterrein van die Matshidiso Primary School in Katlehong aan te val.

Steve Mabona, Gautengse Onderwyswoordvoerder, sê die beeldmateriaal wys ‘n bekende Suid-Afrikaanse pastoor wat pangas swaai en dreig om onderwysers op die skoolterrein aan te val.

Mabona sê dit is uiters ontstellend om te sien hoe een van die mans ook dreig om twee leerlinge aan te val deur ‘n vuurwapen op hulle te rig. Die voorval is glo die gevolg van ‘n dispuut oor beheer en toesig oor twee van die leerlinge.

Die onderwysdepartement het die voorval bevestig en die speurtak van die gautengse SAPD ondersoek die saak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×