‘n Bekroonde Bloemfonteinse skrywer en taalkenner is oorlede

Prof. Jaap Steyn, bekroonde Afrikaanse skrywer, biograaf en taalkenner, is die afgelope naweek in die ouderdom van 83 oorlede.

Ten tyde van sy dood was Steyn besig om die geskiedenis van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat te skryf.

Hy was jare lank aan die departement verbonde.

Sy digbundel “Grammatika van liefhê”, word steeds vandag as ‘n besonderse werk beskou.

Steyn het veral bekendheid verwerf vir sy biografieë oor die Afrikaanse skrywers MER en NP van Wyk Louw.

Hy het verskeie pryse vir sy bydrae tot Afrikaans ontvang. In 2004 is ‘n eredoktorsgraad van die UV aan hom toegeken.

Luister na potgooie hieronder