Die Vrystaatse wetgewer moes ‘n belangrike sitting kanselleer. Dit aangesien die ampstaf, wat volgens die provinsiale wetgewer se reëls en ordes altyd tydens sittings teenwoordig moet wees, in ʼn kluis toegesluit was.

As gevolg hiervan was daar nie ‘n maandaat oor die wysigingswetontwerp op die verdeling van inkomste om in die Nasionale Raad van Provinsies se sitting te stem nie. Volgens die Vrystaatse VF Plus wetgewerlid, Armand Cloete plaas dit die hele begrotingsproses in gevaar.

Dit toon ook volgens Coete, die onprofessionele wyse waarop sake in die provinsie hanteer word. Die VF Plus het tydens ‘n swepevergadering daarop aangedring dat hierdie voorval deeglik ondersoek word. Hulle vra ook dat dissiplinêre stappe teen die verantwoordelike amptenare geneem word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×