Die vakbond Solidariteit het volgens hom ‘n reuse deurbraak gemaak in die stryd teen rassediskriminasie in die land.

‘n Bemiddelingsproses tussen Solidariteit en die regering, onder toesig van die Verenigde Nasies, of VN, se Internasionale Arbeidsorganisasie, skop môre af.

Luidens ‘n verklaring deur Solidariteit het die partye ooreengekom dat die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie die proses sal fasiliteer.

Dit volg nadat Solidariteit verlede jaar ‘n klag by die VN se komitee vir die uitwissing van rassediskriminasie aanhangig gemaak het.

Solidariteit beweer in sy klag dat die Suid-Afrikaanse regering sekere bepalings van die VN oortree met sy beleid ten opsigte van regstellende aksie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×