‘n Bergklimmer het oorleef toe hy die naweek 600 meter ver geval en slegs geringe beserings opgedoen het. BBC berig die polisie het gesê die man het geval toe hy en ‘n groep klimmers die berg Taranaki op die Noord-eiland in Nieu-Seeland wou uitklim. Hy het waarskynlik sy lewe te danke aan lenteweer wat die ys versag het. Die sneeu het glo sy val gebreek. Die polisie sê die man wat nie geidentifiseer is nie, is uitsonderlik gelukkig om die val te oorleef. Twee bergklimmers het in 2021 op dieselfde plek gegly en hulle dood geval.
