Die farmaseutiese reus, Bayer, se Yaz Plus-voorbehoedpille word herroep nadat dit verkeerd verpak is.
Die pakkies wat veronderstel was om 24 hormoonpille saam met 4 suikerpille verpak te wees, is verkeerdelik omgekeerd verpak, met 24 suikerpille en 4 hormoonpille.
YAZ PLUS FOTO: BayerMaroela Media berig dat Yaz Plus gewild is omdat dit vitamien B9 bevat, wat vroue dikwels nodig het.
Die herroeping het slegs betrekking op die reeksnommer WEW96J.
Die mediese direkteur van Bayer se farmaseutiese afdeling, dr. Naren Jairam, bevestig dat die herroeping in samewerking met die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad gedoen word.