‘n Besluit oor strenger inperkingsmaatreëls word vandag geneem

Netwerk 24 het pas berig dat die nasionale koronavirus-bevelsraad, met president Cyril Ramaphosa as voorsitter, vandag strenger inperkings sal oorweeg.

Dit moet egter eers deur die kabinet bekragtig word.

Daarna sal Ramaphosa dan die presidensiële koördineringsraad byeenroep, en oorleg sal met die nege premiers gepleeg word.

Daar is reeds bevestiging ontvang dat die kabinet wel vandag vergader.

232 nuwe Covid-19 gevalle is in die afgelope 24 uur in die Vrystaat aangeteken, en 5 nuwe sterftes is gerapporteer.

Luister na potgooie hieronder