‘n Hersiene beleidsposisie oor die bewaring en volhoubare gebruik van olifante, leeus, luiperde en renosters is vir implementering goedgekeur. Die minister van Omgewingsake, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika het ‘n uitsonderlike biodiversiteit en daar is ‘n verantwoordelikheid dat spesies en ekosisteme bewaar word en volhoubaar gebruik word.

Maroela Media berig Creecy het gesê dit is die land se prioriteit om die oorlewing van wilde spesies te verseker. Die beleidsposisie hou ook verband met die internasionale handel in die Groot Vyf Spesies en die regstelling van onvolhoubare praktyke. Die beleidsposisie stel voor dat die aanhouding van leeus vir kommersiële doeleindes gestop word en om aanhoudingsfasiliteite te sluit. Dit sal ‘n einde maak aan die intensiewe teel van leeus en die uitbuiting van dié leeus op teelplase.

Die beleid sal ook die bestuur en teel van renosters vir kommersiele doeleindes uitfasseer en verseker dat die bewaring van luiperds volhoubaar is en hul bewaring in die natuur verbeter word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×