Daar is in die vroeë oggendure Maandag op die gesoekte verdagte, Mamokete Jeminah Koloti, by haar skuilplek in Loerierpark in Bloemfontein toegeslaan. Sy het op vlug geslaan nadat ‘n saak van ontvoering en roof, by die Kagisanong-polisiestasie, teen haar geopen is.

Volgens ‘n polisieverslag het die verdagte, en ander makkers, hul slagoffer by sy huis ontvoer en hom van sy besittings beroof. Hulle het hom toe na ‘n onbekende plek in Bloemspruit geneem waar hulle geld uit sy rekeninge onttrek het.

Die distrikskommissaris van die Mangaung-metro raai die publiek aan om nie hul finansiële winste, soos pensioenuitbetalings, Padongelukkefonds-eise of lotery-oorwinnings bekend te maak nie, aangesien dit hulle kwesbare teikens vir kriminele maak. Koloti sal Dinsdag in die Bloemfontein landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×