In sy tweede maand as nuutaangestelde minister van landbou het John Steenhuisen, reeds ‘n skandaal ontbloot waarin R500 miljoen wat glo aan die departement toegeken is, nie verreken kan word nie. In ‘n gesprek met City Press het hy oor sy planne om die ekonomie te help herstel gesels.
Volgens hom is die vorige administrasie ‘n toekenning van die regering gegee om ‘n fasiliteit op te knap wat entstowwe, wat nodig is vir die land se dieregesondheid, te produseer. Die beweerde korrupsie is reeds by die direkteur-generaal van die departement aangemeld, en ‘n proses is tans aan die gang om dit te aan te spreek. Volgens Steenhuisen is hy van plan om ook weer ‘n forensies oudit in te stel om uit te vind waar daardie geld gegaan het en hoe dit bestee is.