’n Beweerde reeksverkragter sal eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn, nadat die polisie hom aan vyf sake verbind het. Die verdagte is verlede jaar vir twee afsonderlike verkragtingsake rondom Heidedal in hegtenis geneem. Intussen het DNS-resultate hom met nog drie verkragtings wat in 2021 en 2022 rondom die Phahameng-begraafplaas gepleeg is verbind.

Dit terwyl ‘n ander verkragter vir die verkragting en poging tot verkragting van twee bejaarde vroue, in Bloemfontein tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Die 20-jarige verkragter het 15 dae na hy ‘n 85-jarige vrou verkrag het, ‘n 65-jarige vrou in dieselfde straat verkrag, terwyl hy op borgtog was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×