‘n Bloedvlek wat tydens ondervraging op ‘n 20-jarige verdagte se skoen opgemerk is, het tot ‘n deurbraak in die ondersoek na ‘n 87-jarige vrou se moord gelei.
Elsie Mutsi is vroeër die maand in Vrystaatse Phahameng, in ‘n plas bloed met steekwonde aan haar rug en nek, in ‘n buitetoilet aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.
Kapt. Loraine Earle sê aan Nuusflits, tydens die ondersoek het die polisie kritiese inligting oor die misdaad van die gemeenskap ontvang.
Hulle het die inligting opgevolg en Welkom se teenbende-eenheid is na ‘n huis in Nalede gelei. Die verdagte is by sy meisie se huis ondervra toe dié bloedvlek op sy skoen opgemerk is.
Na verdere ondervraging is die verdagte in hegtenis geneem en vir moord aangekla.