Kanker hou nie meer ’n Jim Fouché-leerling by die huis nie.

Netwerk24 berig dat Caylen Venter tans besig is om sy pad terug skool toe te vind ná hy in Augustus 2023 met aggressiewe beenkanker gediagnoseer is.

Die kanker versprei vanaf sy linkerdybeen na sy longe.

Hy ontvang chemoterapie en ondergaan verskeie operasies, wat die kanker sedert Oktober 2024 in remissie plaas.

Hy is nou kanker vry en sê hy is gereed om weer ’n normale lewe te lei.

Hy het aangehou om sy skoolwerk by die huis te doen en het graad 7 en 8 geslaag.

Vanjaar begin hy graad 9 terug op die skoolbanke.

Weens ‘n knievervanging neem hy nie aan kontaksport deel nie, maar hy stel belang om met boks te begin.

error: Inhoud is beskerm !!