Bloemfonteiner Pietman Oosthuizen is as vanjaar se wenner van die Bloemskou-streeksronde in die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie aangewys.
Vyf deelnemers het Maandag die stryd by die skou betree waar nog twee ander, Pieter Viljoen en Kevin Olivier, ook na die finaal deurdring.
Die finaal vind later vanjaar by Nampo Kaap plaas.
Oosthuizen sê aan Veeplaas Tydskrif dit is ‘n groot voorreg en dat hy graag ‘n afslaer wil wees sodat hy in die diens van die Suid-Afrikaanse boere kan verseker dat elke boer die prys kry wat hy verdien en nie net wat mense bereid is om te betaal nie.