Die Comrades Marathon staan bekend as ‘n toets van uithouvermoë, veerkragtigheid en pure vasberadenheid.
Hierdie jaar sal die gees van die wedloop ‘n selfs dieper betekenis dra, wanneer die Bloemfonteinse veelvuldige sklerose (MS)-aktivis, Alta Hamilton, vir die eerste keer die marathon in Junie sal aanpak.
Hamilton sê aan Rosestad-nuus sy sal elke tree van dié marathon in nagedagtenis van Dr. Mike Pretorius hardloop, om sodoende sy gees lewendig te hou en om bewustheid vir MS verhoog.
LUISTER HIER: