‘n Bloemfonteinse man is in hegtenis geneem, nadat die man se pitbulls sy vriendin verskeur het. Met die polisie se aankoms op die toneel, is die 28-jarige vrou aangetref waar sy oortrek van bytwonde, gesig na onder, op die grond lê. TimesLIVE berig by monde van polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, was daar vier pitbulls
en ‘n werpsel op die perseel.

Lede van die polisiediens het drie van die honde van kant gemaak, voordat die DBV opgedaag het. Die vierde hond en haar werpsel is deur die DBV weggeneem. Nooddienstewerkers het die vrou op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×