Rosestad-nuus het vroeër vandag berig ‘n Bloemfonteinse amateur-sanger, Monique Trollip, wie onder die naam Michelle Claassen sing, het gistermiddag spoorloos verdwyn nadat sy glo gery het om inkopies te gaan doen. ‘n Grootskaalse soektog is geloods en Trollip is ‘n kort rukkie gelede naby Beaufort-Wes gevind. Haar broer, Wayne Trollip, het gesê die polisie het laat weet dat Monique ongedeerd is. Toe hy vanoggend met Rosestad-nuus gesels het was die familie onderweg om haar te gaan haal. Wayne het gesê dit is nog nie bekend waarom sy die dorp verlaat het sonder om iemand te laat weet nie. Sy het ook albei haar selfone by die huis in Generaal de Wet gelos. Wayne het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat gehelp het om sy suster op te spoor. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×