‘n 83-jarige inwoner van Shellyvale in Bloemfontein, sê die koste van die lewe val haar bo.

Dora Munro het aan Rosestad-nuus gesê alles is nou te duur.

Sy is – waarskynlik soos meeste Suid-Afrikaners – totaal moedeloos oor die jongste brandstofprysverhogings wat sedert middernag geld.

Want, sê Munro, as die brandstofprys styg, word alles duurder.

Sy het ook melding gemaak van hemelhoë elektrisiteitspryse, en die erfbelasting-verhoging, wat begin Julie in werking getree het.

Munro en haar bejaarde vriende sukkel volgens haar om ten tyde van beurtkrag oor die weg te kom.

Sy het gesê met sprake van fase 8-beurtkrag, gaan haar hart uit na twee van haar boesem-vriendinne wat vir asemhaling van suurstof afhanklik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×