‘n Bloemfonteinse doktersvrou wie glo haar man met ‘n mes gesteek het, het gister vry uit die hof gestap nadat haar man die aanklagte teen haar teruggetrek het.

Die 52-jarige Lizette Bouwer het gisteroggend saam met haar man, dokter Tienie Bouwer, ‘n algemene praktisyn met ‘n praktyk in Heuwelsig, by die landdroshof in Bloemfontein opgedaag.

Media24 berig voorts die paartjie het deurgaans hande vasgehou.

Lizette se prokureur, Anton Neuhoff, het na afloop van die hofverrigtinge bevestig die aanklagte teen haar is teruggetrek en dat die staat daarom besluit het om nie verder te vervolg nie.

Sy is van moord aangekla na die vermeende voorval op 21 Augustus vanjaar in die egpaar se huis toe sy haar man na bewering met ‘n mes in die borskas gesteek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×