‘n 32-jarige verdagte sal eersdaags op aanklagte van die besit van dwelms asook roekelose en nalatige bestuur in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Polisie woordvoerder, Sinah Mpakane, het in ‘n media verklaring gesê dat polisie-lede Woensdag pro-aktief inligting oor dwelmaktiwiteite rondom Manguang Metro gevolg het. Hulle het ‘n verdagte motor opgemerk wat glo dwelms in Navalsig afgelewer het.
Die verdagte het probeer vlug maar hy is by woonstelle in Raymond Mhlabastraat aangekeer nadat hy teen ‘n polisievoertuig gestamp het. Sy motor is deursoek en daar is op dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R140 000 beslag gelê.