‘n Bloemfonteinse egpaar is vanoggend dood by ‘n woonhuis in Hospitaalpark aangetref.

Albei die oorledenes het skietwonde opgedoen en die vermoede bestaan dat ‘n gesinstragedie hom hier afgespeel het.

Netwerk24 berig familielede, inwoners en kollegas het reeds vroeg vanoggend by die oorledenes se huis in Hegarsingel byeengekom.

‘n Familielid het by die misdaadtoneel gesê die man was waarskynlik die skut.

Hy het vermoedelik eers sy vrou geskiet, voordat hy die vuurwapen op homself gerig, en die sneller getrek het.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×