Die Fiëstas is Suid-Afrika se enigste toekennings wat kunste op nasionale vlak vereer, en die eer is aan drie Vrystaters betuig.
Die drie is volgens Netwerk24 vir die opvoering, Ons wag vir Godot, op verlede jaar se Vrystaat Kustefees in Bloemfontein vereer.
Naomi Morgan het die prys vir beste vertaling van teks ontvang, Dion van Niekerk vir die beste regie en Gerben Kamper as die beste ondersteunende speller.
Volgens van Niekerk het hulle geskiedenis gemaak met die produksie, aangesien dit die eeste is wat direk uit Frans na Afrikaans vertaal is. Hy voeg by hy hoop dat nasionale teaters en ander feeste ook hulle sal belê.