‘n Bloemfonteinse gesin sterf tragies

‘n Gesin van vier het vanoggend tragies gesterf onder vreemde omstandighede nadat hulle woonstel in Victoriaweg in Bloemfontein in ‘n brand verwoes is.  ‘n 17-jarige matrikulant aan die hoërskool Eunice het na bewering oomblikke voor haar dood na bure gehaas om hulp te soek.  Netwerk24 berig sy het steekwonde aan haar lyf gehad en haar keel was oopgesny.  Die brandweer moes eers die vlamme blus voordat die res van haar gesin uit die brandende woonstel gehaal kon word.  ‘n 14-Jarige seun wat ook steekwonde gehad het aan sy lyf is onder die oorledenes, die pa en ma het geen sigbare beserings aan hulle lywe gehad nie.  Die polisie ondersoek na berig word ‘n saak van brandstigting en moord.  Omstanders op die toneel het genoem dat die moontlikheid van ‘n gesinstragedie nie uitgesluit kan word nie.

Luister na potgooie hieronder