‘n Bloemfonteinse langafstandatleet het die naweek verkluim nadat sy tydens ‘n bergwedloop in die Oos-kaap haar warm top aan ‘n atleet gegee het, en toe verdwaal het.

Netwerk24 berig volgens haar skoonseun het sy op haar dag 11 comrades-ultramarathons voltooi en hardloop al 25 jaar. Charmaine van der Walt (65) was glo vooraf bekommerd oor die ysige weer maar wou baie graag aan die 30ste Lammergeyer-bergwedloop by Lady Grey deelneem.

Hulle berig verder dat sy glo Saterdag in die mistige reenerige weer verdwaal het, en deur die nag onder ‘n krans skuiling gesoek het. Haar liggaam is Sondag vroeg na ‘n deurnag soektog daar gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×