Die Bloemfonteinse landdroshof het ’n 48-jarige ma skuldig bevind nadat sy die staatsamptenare se mediese skema (Gems) uit meer as R400 000 bedrieg het.

Mamello Kate Khabo is deur die hof tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is geheel en al opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat sy nie skuldig bevind word aan ‘n soortgelyke oortreding gedurende die tydperk van skorsing nie.

IOL berig die woordvoerder van die Vrystaatse Valke, luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, sê Khabo het haar dogter – wat nie op die Gems mediese fonds was nie – na ‘n hospitaal gebring en die minderjarige is opgeneem.

Die siek kind se suster, Khabo se ander dogter, was die een met Gems mediese fondsdekking. Die siek kind is later in die hospitaal oorlede.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×