Die borgtogaansoek van ’n Bloemfonteinse ma en haar twee huismaats wat weens die gru-aanval op ’n tweejarige kind in landdroshof teregstaan, het weer misluk.

Dit, aangesien hulle steeds nie ’n vaste adres of mense wat bereidwillig is om hulle in te neem, aan die hof kan verskaf nie.

Netwerk24 het vroeër berig die tweejarige seuntjie is verlede jaar September na ‘n hospitaal geneem nadat hy glo geval het.

Sy beserings het egter nie met die van ‘n kind wat net geval het gestrook nie en die polisie is ontbied.

Die seuntjie het ondermeer ‘n diep sny aan sy bolip gehad, beide sy oe was blou en geswel en sy lyfie was oortrek met ou en nuwe beserings. Die seuntjie en sy sibbe is tans in ‘n kinderhuis.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×