Die Bloemfonteinse beleggingskema-beskuldigde, Christiaan Venter, het glo ‘n belegger uit meer as R800 000 bedrieg en sal weer in 2025 in die hof verskyn.
Hy is, na hy lank die owerhede ontduik het, in hegtenis geneem en het reeds op aanklagte van bedrog in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.
Luidens ‘n mediaverklaring van die Valke het Venter hom glo as ‘n makelaar aan die klaer voorgestel, en hom met valse beloftes oorreed om geld te belê.
In plaas daarvan om die beloofde dividende uit te betaal het hy aan die klaer gesê dat glo hy die geld op die aandele beurs verloor het.
Venter is op borgtog van R10 000 vrygelaat.