‘n Bloemfonteinse man is op sy hoewe op Roodewal buite Bloemfontein aangeval

 ‘n Bloemfonteinse man is op sy hoewe op Roodewal buite Bloemfontein aangeval

‘n Bloemfonteinse man is op sy hoewe op Roodewal buite Bloemfontein aangeval deur drie mans wat vir hom gewerk het.

Brigadier Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, se die 68-jarige man het die mans gehuur om met opknappingswerk by sy huis te help.

Die verdagtes het die man glo Vrydag na die huis gelok en hom van agter in die huis se gang oorrompel.

Die man se hande is vasgebind en hy is gedreig met ‘n mes.

Netwerk24 berig volgens Makhele dat die man van 15:00 tot 19:00 deur die drie mans aangerand is, totdat hy hulle gesmeek het om hom na die naaste kitsbank te vat sodat hy vir hulle geld kon trek om sy lewe te spaar.

Op pad na die kitsbank het ‘n aankomende motoris, wat die slagoffer ken, die bakkie voorgekeer om met die slagoffer te gesels waarna die mans weggehardloop het.

Twee van die vermeende aanvallers is in hegtenis geneem.

Die derde verdagte is nog nie aangekeer nie.

LeandreAdmin@