Die soektog duur voort na ‘n 30-jarige man van Bloemfontein, wat ongeveer twee weke gelede spoorloos verdwyn het. Werner Smit is op 2 Mei laas gesien toe hy by een van sy broers in die Noordhoek-woongebied aan huis was. Die vermiste man se tweelingbroer, Marius, sê aan Volksblad niemand weet wat van Werner geword het nie, en ook dat sy selfoon af is.

Ten tyde van sy verdwyning was hy gekleë in ‘n swart baadjie, swart denimbroek en swart-en-wit skoene. Werner het ‘n tatoeëermerk van drie sterre aan sy linkerboarm. Enigiemand met inligting wat tot Werner se opsporing kan lei, word gevra om dringend met die polisie in verbinding te tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×