Die gesogte titel van beste akteur in ‘n hoofrol, by die FAK Allegretto-toneelfees, is aan Ancois Bodenstein van die Hoër Meisieskool Oranje toegeken.
Oranje is een van 12 skole wat na die naweek se eindronde van dié toneelfees deurgedring het.
Bodenstein, wie vanjaar matriek skryf, spog met die toekenning vir haar skitter-vertolking in Oranje se toneelstuk, “Vry”.
Die skool se toneelgeselskap het ‘n vyfde plek vir beste produksie behaal en Oranje het ook die trofee vir die beste fees-gees gewen.
Netwerk24 berig altesaam 146 toneelstukke is vir die fees ingeskryf.
Bodenstein is onlangs ook in ’n Allegretto-uitdunronde, in ’n streeksuitdunronde van die ATKV-tienertoneelfees, én op die Loganfees in Fraserburg, as beste aktrise in ‘n hoofrol vereer.