’n Hof in Bloemfontein het ’n 27-jarige misdadiger tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy meisie.
Wesley Motshoane het sy meisie op 15 Oktober in hul huis in Bloemside aangerand en verkrag nadat hulle ‘n rusie gehad het.
Sy is die volgende dag na die Bloemspruit-polisiestasie om die misdaad aan te meld.