ʼn Polisiekonstabel wat haar dienspistool uitverhuur het, én ook saam met ander mense planne gesmee het om nog vuurwapens te steel, is tot vier jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Maroela Media berig dié vonnisoplegging volg nadat die 39-jarige Noxolo Job aan ʼn klag van sameswering om ʼn roof te pleeg én die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer skuldig bevind is.

Job was in 2019 – toe die misdaad gepleeg is – verbonde aan die polisie se beskerming- en veiligheidsdienste in Bloemfontein. Sy was ontplooi om nasionale sleutelpunte asook die wonings van baie belangrike persone op te pas.

Dit is gedurende dié tyd wat Job saamgesweer het om vuurwapens uit ʼn kluis by haar eenheid te laat steel. Sy het ook haar eie dienspistool teen ʼn bedrag van R50 000 aan voornemende rowers aangebied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×