‘n Bloemfonteinse prokureur wil geskiedenis maak deur vanjaar met die Mevrou Heelal-kroon uit Bulgarye huis toe te kom.

Die 32-jarige Uyleta Nel-Marais het gesê sy kan nie wag om Sondag op die vliegtuig te klim nie.

Volksblad berig Nel-Marais, ‘n direkteur van Lovius Block-prokureurs in die Rosestad, is so te sê op pad om Suid-Afrika in dié gesogte kompetisie in Bulgarye se hoofstad, Sofia te verteenwoordig.

Dié oud-Kovsie is in Februarie verlede jaar in Pretoria as Mevrou Heelal Suid-Afrika gekroon.

Volgens haar wil sy graag geskiedenis maak deur die titel te wen, aangesien niemand van Suid-Afrika nog die Mevrou Heelal-kompetisie gewen het nie.

Die internasionale kompetisie begin Maandag en die nuwe Mevrou Heelal word volgende Saterdag gekroon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×