‘n Bloemfonteinse sakeman wat vir water geboor het en wie se onderneming as Boorgatspook erkenning verwerf het, is vroeg Sondagoggend in ‘n motorongeluk sowat twee kilometer buite Winburg dood. Netwerk24 berig die 41-jarige Jaco Labuschagne se vrou, Anandi, het gesê haar man se bakkie het waarskynlik tussen middernag en twee uur Sondagoggend net buite Winburg op pad na Bloemfontein omgeslaan en gerol. Sy vermoed die polisie het eers heelwat later, met ligdag op die wrak afgekom. Hy is vermoedelik op slag dood. Labuschagne wat geliefd onder sy vriende en kliënte was, word deur sy vrou, twee kinders, Carla en Cayla, en sy ma, Bets van Bloemfontein oorleef. Daar sal ten tyde van ‘n private diens van hom afskeid geneem word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×