‘n Bloemfonteinse skool sement hulle plek in die geskiedenisboeke, deur vandag die tapyt uit te rol vir ‘n waterlose Astro veld.
Die St Andrew’s skool in die stad het verlede jaar die besluit gemaak om so ‘n veld in te rig, nadat daar aangekondig is dat hokkie nie meer tydens die opkomende 2024 Olimpiese Spele op ‘n veld gespeel gaan word wat water nodig het nie.
Die seunsskool se shoolhoof, Roland Rudd, het aan Rosestad-nuus vertel St Andrews is die eerste skool in die land om so ‘n baan aan te skaf – en so ook die nuwe standaard stel.