Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein is besig met ‘n ondersoek of die verbod op ‘n selfone tydens skooltyd ‘n haalbare oplossing vir akademiese- en gedragsprobleme is.
Die skool sê in ‘n plasing op sosiale media ‘n klomp Suid-Afrikaanse skole het vanjaar so ‘n verbod suksesvol geïmplementeer, wat glo tot verbeterde akademiese prestasies en beter fokus in die klas gelei het.
Hulle voeg by ‘n onlangse opname toon 90% van hul leerders is teen so ‘n verbod gekant.
Alhoewel een van hul onderwysers van mening is dat selfone in die klas disrespekvol is, is ‘n ander personeellid skepties oor so ‘n verbod aangesien leerders huiswerk en kennisgewings via WhatsApp ontvang en hul selfone vir buitemuurse reëlings en aanlyn-handboeke gebruik.
Die skool voeg by dat sou so ’n verbod ingestel word, hulle eers met die ouers sal kommunikeer.