Skoolhoof, Roland Rudd, van die Bloemfonteinse St Andrew’s Skool het met die minister van onderwys, Siviwe Gwarube, Meals on Wheels en die Our Shoes Organisation saam gespan om ‘n 1 500 pare skoene aan minderbevoorregte skole in Suid-Afrika te versprei.
Dié skool hoop om meer skoene aan diegene wat dit die nodigste het te bring en so die waardigheid van leerders regoor die land te herstel.