Eunice High School in Bloemfontein se hoof, Zenette de Wet, vier haar afskeid van die skoolgemeenskap met ’n seremonie.
Sy gaan haar nuwe pos by Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria af te skop.
Netwerk24 berig dat De Wet na verwagting op 1 April in haar nuwe pos begin.
LEES OOK: Eunice se groen-harte is gebreek
Eunice het Vrydagmiddag vir haar ’n afskeidseremonie in die Gratitude Garden op die terrein gehou.
Alhoewel sy met ’n swaar hart afskeid neem, voel sy nie senuweeagtig oor die nuwe uitdaging om vanaf ’n Engelse na ’n Afrikaanse skool te skuif nie.
Afrikaans is tog haar huistaal, en sy en haar man, Kobus, is ook opgewonde om in Pretoria naby hul kinders en kleinkinders te gaan woon.